Waar geloof en werk bymekaar kom.

A postage stamp commemorating 25 years of Tent International from 2000 to 2025, featuring a red background, white text, and a partial globe illustration.

Dankie tog, dis Maandag!

Wanneer jy ontdek dat God reeds by jou werk is, verander Maandae van iets wat jy moet oorleef na iets waarna jy uitsien.

By Tent Suid-Afrika help ons Christene om doelbewus saam met God te leef waar Hy hulle reeds geplaas het.

DIE GROOT WAARHEID

God werk ook op Maandae.

Vir baie mense beteken Maandag die einde van die naweek. Vir ons beteken dit die begin van nuwe geleenthede. God bly nie agter wanneer die kerk se deure Sondag sluit nie.

Hy is reeds aan die werk...

  • in die kantoor.

  • op die plaas.

  • in die fabriek.

  • by die lessenaar.

  • in die raadsaal.

  • op die kampus.

  • in elke gesprek.

Hy nooi jou nie om Hom werk toe te neem nie. Hy nooi jou om raak te sien waarmee Hy reeds besig is.

Ons storie

ń Reënboog nasie waar God gelowiges gebruik net waar hulle is om hoop te bring

Suid-Afrika is een van die mees diverse lande in die wêreld. Elf amptelike landstale. Ontelbare kulture. Verskillende geskiedenisse. Tog dien ons dieselfde Here. Ons glo die werkplek is een van die min plekke waar mense uit verskillende tale en kulture elke dag langs mekaar leef en werk.

Daarom glo ons God gebruik gewone gelowiges om brûe te bou, hoop te bring en Sy liefde sigbaar te maak. Net daar waar Hy hulle reeds geplaas het by die werk waar hulle meeste van hulle tyd spandeer.

We dream that there should be at least one Christian colleague in all workplaces and one Christian student in all places of study worldwide.
— Steinar Opheim, CEO and co-founder of Tent

Tent Suid-Afrika deel hierdie wêreldwye droom.

Maar God het ons ook ’n droom vir Suid-Afrika gegee.

Ons droom is dat elke Suid-Afrikaanse landstaal uiteindelik sy eie Tent-gemeenskap sal hê.

Dat gelowiges in hulle eie taal toegerus sal word.

En dat hierdie gemeenskappe oor kulturele grense heen saam sal leef, saam sal dien en saam God se Koninkryk sal weerspieël.

Een Evangelie. Elf landstale. Een beweging.

WAT IS 'N TENTMAKER?

Nie iemand wat tente maak nie.

’n Tentmaker is ’n gewone volgeling van Jesus wat doelbewus saam met God leef waar Hy hom of haar reeds geplaas het.

’n Tentmaker sien sy of haar werk, studies, besigheid en verhoudings as deel van God se sending en is beskikbaar vir dit waarmee God reeds besig is.

Omdat ons in Suid-Afrika leef, kies ’n tentmaker ook om met liefde, nederigheid en respek brûe te bou oor taal-, kultuur- en gemeenskapsgrense heen, sodat Jesus se liefde sigbaar kan word waar mense mekaar elke dag ontmoet.

’n Tentmaker wag nie vir ’n sendingreis nie.

Hy of sy leef elke dag op sending.

Jy is meer as ń student

Jy is meer as ń rekenmeester

Jy is meer as ń Boer

Jy is meer as ń Entrepreneur

Jy is meer as ń verpleegkundige

Jy is meer as n Onderwyser

Jy is meer as ń Elektrisiën

Jy is meer as ń n Ingenieur

Jy is meer as n 'n Ma.

God gebruik gewone mense om Sy liefde sigbaar te maak.

Het jy al ooit gewonder…

Waarom voel dit soms asof geloof en werk twee verskillende wêrelde is? Sondag voel heilig. Maandag voel gewoon. Maar wat as God nooit bedoel het dat dit so moet wees nie? Wat as jou werkplek ook deel van Sy plan is?

Daar is duisende Christene wat dieselfde ontdek. Mense uit verskillende kerke. Verskillende beroepe. Verskillende kulture.

Een gemeenskap.

Een missie.

Om elke dag saam met God te leef.!

JY IS NIE ALLEEN NIE

Waar jy ook al op jou reis is...

Of jy net begin ontdek hoe God jou werk kan gebruik, of reeds doelbewus as 'n tentmaker leef. TentSA stap graag saam met jou.

Kies die volgende stap wat die beste by jou pas.

📖Ontdek hoe geloof en werk bymekaar kom.

Begin jou reis met 'n praktiese ontdekking van hoe God jou reeds gebruik waar Hy jou geplaas het.

✔ 6-week klein groep reis of

✔ 1-dag intensiewe werkswinkel

🎓 Groei in jou roeping

Praktiese toerusting om nie jou lewe in kompartemente te verdeel nie, maar God doelbewus te dien in jou werk, jou huis, jou kerk en elke deel van jou alledaagse lewe.

🤝 Reis saam

GO Together verbind jou met 'n gemeenskap van tentmakers wat mekaar aanmoedig, ondersteun en toerus om getrou saam met God te leef, waar Hy hulle ook al geplaas het.

Voel jy God roep jou na 'n nuwe plek, kultuur of geleentheid?

GO Ahead help jou om geestelik, prakties en kultureel voor te berei om met selfvertroue die volgende stap te neem.

Transformeer jou besigheid

Ontwikkel 'n werkskultuur waar verskillende mense mekaar verstaan, waardeer en saam groei. Só bou ons suksesvolle organisasies wat 'n blywende impak in hulle gemeenskappe maak en God verheerlik deur hulle daaglikse werk.

Wat sê ons Suid-Afrikaanse Tentmakers

Ek het besef dat ek hoef nie hardop vir my kliente te bid nie ek kon saggies hulle opdra aan die Here soos ek hulle behandelings doen. Ek hoef nie altyd hierdie groot openbaring van my geloof maak nie ek kan ook maar net fokus om my werk uitmuntend te doen. Dit is genoeg.

— Elizabeth, Somatoloog Kaapstad

“Communication was top-notch and the final outcome was even better than we imagined. A great experience all around.”

— Former Customer

“Every detail was thoughtfully executed. We're thrilled with the outcome.”

— Former Customer

Raak Betrokke

Word deel van ’n groeiende beweging van tentmakers wat doelbewus saam met God leef waar Hy hulle reeds geplaas het.

Wanneer jy aansluit, kry jy toegang tot:

01
Hulpmiddels

Praktiese hulpbronne, oordenkings en materiaal om jou geloof elke dag uit te leef.

02
Gemeenskap

Skakel in met ander tentmakers wat mekaar aanmoedig, inspireer en saam groei.

03
Geleenthede

Bly op hoogte van GO Discover, GO Equipped, byeenkomste, opleidingsgeleenthede en ander Tent SA-inisiatiewe.

Upcoming Events 

Ontdek God se waarheid

Dankie tog, dis Maandag!

Begin elke week met 'n nuwe perspektief.

Hierdie gratis Bybelleesplanne op YouVersion help jou om die gaping tussen Sondag en Maandag te oorbrug. Ontdek hoe God jou wil vorm en gebruik in jou werk, jou huis en jou alledaagse lewe, want God werk ook op Maandae.

Gratis op YouVersion