Ontdek hoe God

Jou gewone lewe vir Sy buitengewone doel gebruik.

Jy is nie net geroep vir Sondae nie.

Jesus stuur elke gelowige om Sy liefde sigbaar te maak en dissipels te maak, juis daar waar Hy hulle reeds geplaas het.

GO Discover is 'n praktiese ontdekkingsreis wat jou help om te ontdek hoe jou geloof, werk, gesin, gawes en alledaagse lewe deel vorm van God se groter sending.

Kies die formaat wat die beste by jou pas.

God werk reeds waar jy is.

Jy hoef nie jou werk te verander om God te dien nie.

Jy hoef nie 'n predikant of sendeling te wees nie.

God gebruik gewone mense in gewone plekke om Sy Koninkryk sigbaar te maak.

GO Discover help jou ontdek hoe.

Is GO Discover vir jou?

Hierdie reis is vir jou as jy...

✅ Wil ontdek hoe jou geloof deel word van jou alledaagse lewe.

✅ Wonder hoe God jou persoonlikheid, gawes en ervaring wil gebruik.

✅ Jesus se Groot Opdrag natuurlik wil uitleef.

✅ Meer doelgerig wil leef.

✅ Saam met ander gelowiges wil groei.

Kies jou formaat

🌱 GO Discover Kleingroep

6 weke

Ontmoet een keer per week in 'n klein groep waar julle saam ontdek, gesels en praktiese stappe neem.

Ideaal vir mense wat hou van gesprek, refleksie en groei oor tyd.

Formaat- 6 weeklikse sessies

Volgende datum- Wednesday, 20 January 2027 tot
Wednesday, 24 February 2027

Koste - R400 Sluit 6 aandetes in

Vir wie - As jy hou van gesprek, en groei oor tyd, is dit vir jou

⚡ GO Discover Intensive

1 dag

Dieselfde inhoud. Dieselfde ontdekking.Dieselfde volgende stap.

'n Interaktiewe dag vir mense wat verkies om die reis in een dag te voltooi.

Formaat- Een dag óf twee aande

Volgende datums -24 September Braaidag of 12-13 Oktober

Koste - R250 sluit etes in

Vir wie - As jy dit vinniger wil doen en tyd ń beperking is dan kan jy hierdie opsie kies

Wat kan jy verwag?

Teen die einde van GO Discover sal jy:

🌍 God se groter storie. Ontdek hoe jou lewe inpas by God se missie.

👤 Jou identiteit. Ontdek wat dit beteken om deur Jesus gestuur te wees.

🎁 Jou unieke ontwerp. Hoe gebruik God jou persoonlikheid, gawes, ervaring en passies?

💼 Jou wêreld. Werk. Gesin. Vriende. Gemeenskap. Waar is God reeds besig?

❤️ Leef Jesus se missie. Leer hoe gewone mense dissipels maak deur gewone verhoudings.

➜ Jou volgende tree. Ontwikkel 'n eenvoudige plan om doelbewus saam met God te leef.

Waar jy ook al op jou reis is...

Of jy net begin ontdek hoe God jou werk kan gebruik, of reeds doelbewus as 'n tentmaker leef. TentSA stap graag saam met jou.

GO Discover is die begin van die reis. As jy dieper wil gaan, is jou volgende stap GO Equipped. Jy hoef nie vandag jou hele pad te ken nie. Jy hoef net jou volgende stap te ontdek.

Gereelde vrae

Opkomende geleenthede