Groei saam

Bybelleesplanne wat jou help om jou geloof uit te leef, in jou werk, jou roeping en jou alledaagse lewe.

Deur Tent SA op die Bybel-toep

Waarom skryf ons hierdie leesplanne?

Ons glo geloof is nie net iets wat ons Sondae bely nie, dit is iets wat ons elke dag leef.

God stuur ons nie net kerk toe nie. Hy stuur ons waar ons reeds is. Ons werkplekke, besighede, studies, huise en gemeenskappe.

Daarom wil Tent SA Christene help om sterk tentmakers te word: mense wat God se teenwoordigheid uitleef waar Hy hulle geplaas het, en wie se lewens meer getuig as wat hulle woorde ooit kan sê.

 Ons skryf leesplanne om jou te help om die Bybel se waarheid te ontdek, daaroor te reflekteer en dit prakties uit te leef, sodat jou geloof nie net iets is wat jy glo nie, maar iets wat mense in jou lewe kan sien.

Ons wil mense toerus wie se geloof sigbaar word in hoe hulle werk, hoe hulle lei, hoe hulle dien en hoe hulle ander behandel.

Jou werk is jou sendingveld. Jou lewe is jou getuienis.

Ons leesplanne

Ontdek ons Bybelleesplanne wat jou help om jou geloof prakties uit te leef — waar jy ook al is.

Van lees na leef

Geloof is vir die lewe wat jy elke dag leef.

Die Bybel is nie net iets wat ons lees nie. Dit vorm hoe ons werk, hoe ons mense behandel, hoe ons besluite neem en hoe ons God se teenwoordigheid uitleef waar Hy ons geplaas het.

Ontdek hoe jy jou geloof doelbewus kan uitleef as 'n tentmaker.