Back to All Events

GO Discover Intensief (2 Aande)


GO Discover Intensief

Twee aande. Nuwe perspektief. ’n Volgende stap.

Jy hoef nie jou werk te verlaat om God te dien nie.

GO Discover help jou om te ontdek hoe God reeds teenwoordig is in jou werk, besigheid, studies en alledaagse verhoudings en wat dit beteken om doelbewus daar te leef.

Hierdie spesiale tweeaand-formaat gee jou die geleentheid om die inhoud in kleiner gedeeltes te ervaar, tussen die sessies te reflekteer en met nuwe perspektiewe terug te kom.

Tydens hierdie geleentheid sal Steinar Opheim Tent Internationals CEO and Founder, saam met ons wees, en van sy ervaring en insigte met die groep deel.

Jy sal ontdek:

  • Bybelse perspektiewe op geloof en werk

  • Praktiese gesprekke en persoonlike refleksie

  • Ruimte om jou eie werk en roeping te ondersoek

  • Internasionale perspektiewe vanuit Tent

  • Geleentheid om saam met ander te ontdek

  • ’n Duideliker idee van jou volgende stap

Is GO Discover vir jou?

Hierdie aande is vir jou as jy:

  • voel daar is meer aan jou werk as net ’n salaris

  • jou geloof en professionele lewe beter wil verbind

  • wonder hoe God jou huidige werk kan gebruik

  • ’n besigheid, loopbaan of studies het waarin jy God wil eer

  • nuuskierig is oor die konsep van ’n tentmaker

  • eenvoudig wil ontdek “Wat is my volgende stap?”

Jy hoef nie al die antwoorde te hê nie. Jy hoef net bereid te wees om te ontdek.

Wat gebeur op die twee aande?

Ons gaan nie vir jou vertel wat jou roeping is nie.

Ons skep eerder ’n veilige ruimte waar jy kan ontdek, reflekteer en jou eie volgende stap identifiseer.

Ontdek → Reflekteer → Verstaan → Tree op

Die kursus is prakties en interaktief, met gesprekke, Bybelse perspektiewe, persoonlike refleksie en geleentheid om saam met ander te leer.


GO Discover Intensief

Maandag 12 Oktober en Dinsdag 13 Oktober
📍 8 Louw Straat, Welgemoed, Bellville
🕘 18:00-21:00
💰 R250 dit sluit in: kursus materiaal, koffie/tee en aandetes

Plekke is beperk om ruimte vir betekenisvolle gesprek en refleksie te skep.

Jou volgende stap

GO Discover is die begin van die reis.

As jy ná die kursus voel jy wil dieper gaan, kan jou volgende stap GO Equipped wees, ons praktiese program wat jou toerus om jou geloof doelbewus deur jou werk en verhoudings uit te leef.

Jy hoef nie vandag jou hele pad te ken nie.
Jy hoef net jou volgende stap te ontdek.

Previous
Previous
24 September

GO Discover Intensief

Next
Next
14 October

GO Equipped